VANDERBIJLPARK – Die vraag oor wie as die Noordvaal o.14-hokkiekampioen gekroon gaan word, sal Maandag op Curro Vanderbijlpark se astrobaan beantwoord word.
Curro Vanderbijlpark is van 7 tot 10 Augustus gasheer vir die gesogte Noordvaal o.14 Groot A-meisieshokkietoernooi waaraan 12 van die land se voorste skole deelneem.

Die toernooi begin Vrydag met poelwedstryde, waarna die uitspeelrondes Sondag beslis word voordat die eindstryd Maandag om 14:15 plaasvind.
Onder die deelnemende skole tel onder meer Hoërskool Transvalia, Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Montana, Volkskool Heidelberg, Hugenote en Mersensky Landbou Akademie.
