VANDERBIJLPARK – Die eerste hokkiespan van die HS Transvalia wil sy wendroogte in die Noordvaal-kompetisie more-middag in Potchefstroom verbreek wanneer Potchefstroom Gimnasium in die eindstryd aandurf.
Valia het die HS Monument van Krugersdorp vandag in die halfeindronde met 1-0 geklop om sy plek in die gesogte kompetisie te bespreek.
Die hele Vaaldriehoek sal in gees langs die veld wees en staan bankvas agter Valia om ʼn geskiedkundige sege te behaal.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
