SportSport

Hoekes buig die knie voor Volkies

Sal diep moet delf vir die res van die seisoen.

VANDERBIJLPARK – Die eerste krieketspan van die Heidelberg Volkskool het Saterdag op die Hoërskool Driehoek se tuisveld die gasheer oortuigend met 74 lopies geklop.

Die besoekers het 222/10 in 44.3 beurte aangeteken danksy goeie kolfwerk deur Marlo Schoeman (51), Darius Sneyders (39) en Kian Vorster (26*).

Vir die tuisspan het sy boulers Chris Saayman (4/31), Leonardo Visser (4/36) en Duan Taljaard (1/40) goed geboul. Die tuisspan is daarna in die 43ste beurt vir 148/10 uitgeboul.

Vir Volkies het Francois Smith (3/33), Kehan Baird (2/18) en Marlo Schoeman (2/25) die meeste skade aangerig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button