
VANDERBIJLPARK – Met vier ligatitels en 31 oorwinnings in 32 wedstryde het die Laerskool Emfulenipark se tennisspelers ’n puik 2026-seisoen agter die rug.
Die Emmies het met ’n indrukwekkende wenpersentasie van 97% gespog en in al vier ligas waarin hulle om die titel meegeding het, koning gekraai.
Die skool se o.13A1-, o13B1-, o11A- en o11B1-spanne is as ligakampioene gekroon, terwyl die o13A2-, o13B2- en o11B2-spanne as naaswenners uit die stryd getree het.
Die o13 B3-span het derde in sy groep geëindig.
Die jonger garde het ook hul staal gewys. Die skool se o9A-seunspan het die tweede plek in die Champions Tennis Training League behaal.




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!