
SASOLBURG – Sy lof is al verskeie kere op die krieketveld besing maar dis met goeie rede.
Meyer Pretorius ‘n matrikulant aan die HS Sasolburg het onlangs geskiedenis gemaak toe hy die eerste plattelandse speler in dekades geword het om die Vrystaat se Khaya Majola span te haal.

Hy is ‘n puik veelsydige speler maar het op die nasionale week met die bal uitgeblink. Hy het met die intrapslag by die week teen Gauteng gewys waartoe hy in staat is toe hy met boulsyfers van 2/17 in 10 beurte gespog het. Die Vrystaat het hierdie kragmeting met 22 lopies gewen.
Meyer het die keurders se oog gevang en hy is die Western Legends gekies om aan die SA Klubweek deel te neem.
