Sport

Valia naaswenner van Kovsie Smash

Word deur Pretorianers in eindstryd geklop

VANDERBIJLPARK – So naby en tog so ver! Die HS Transvalia is verlede week in Bloemfontein as die naaswenner van die Kovsie Smash T20-toernooi gekroon.

Die nuweling in die toernooi Eldoraigne – wat die toernooi onoorwonne afgesluit het – het die Vaaldriehoekers oortuigend met paaltjies geklop het.

Die HS Transvalia se krieketspan wat tweede in die Kovsie Smash T20-toernooi geeindig het.

Transvalia is verlede Vrydag in die eindstryd vir 90/10 uitgeknikker waarna Eldoraigne met nege paaltjies in die bank die wenlopies in die 9de beurt aangeteken het.

Op grond van hul algehele bydraes (kolf, boul en veldwerk) het die volgende spelers die hoogste MVP-tellings behaal en is as die Span van die Week aangewys: Ses  plaaslike spelers het die span gehaal.
1. Xander Fourie (Witteberg)
2. Janco de Lange (Overvaal)
3. Erik Prinsloo (Sentraal)
4. Declan Steinmann (Transvalia)
5. Christiaan Schoeman (Driehoek)
6. Kriegler Botha (Transvalia)
7. Divan Dreyer (Driehoek)
8. Benyael Morkel (Eldoraigne)
9. Jaden Geldenhuys (Fichardtpark)
10. Janco Jacobs (Transvalia)
11. Cobus Wilken (Jim Fouché)
12. Willem Viljoen (Pietersburg)
13. Stephan Swanepoel (Pietersburg)
14. Sevreano Lackey (Duineveld)
15. Niekie Smit (Duineveld)

Hier is die finale rangorde van die toernooi:

1ste – Hoërskool Eldoraigne
2de – Hoërskool Transvalia
3de – Hoërskool Kalahari
4de – Hoërskool Fichardtpark
5de – Hoërskool Overvaal
6de – Hoërskool Oos-Moot
7de – Potch Volkies
8ste – Hoërskool Pietersburg
9de – Hoërskool Sasolburg
10de – Hoërskool Trio
11de – Hoërskool Witteberg
12de – BVHS
13de – Hoërskool Jim Fouché
14de – Hoërskool Sentraal
15de – Goudveld Hoërskool
16de – Hoërskool Lichtenburg
17de – Hoërskool Driehoek
18de – Hoërskool Duineveld
19de – Hoërskool Merensky

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button