Sport

Vaal Dodgers maak geskiedenis

Die Vaal Dodgers is stadig maar seker besig hul stempel op provinsiale vlak af te druk

VANDERBIJLPARK – Die Vaal Dodgers Bofbalklub se harde werk word weerspieël met verskeie jong atlete en afrigters wat met plekke in die Gauteng-spanne beloon is, wat aan die 2026 Nasionale Bofbal Kampioenskap gaan deelneem.

Dave Lloyd

Die spelers se historiese insluiting in die Gautengspanne is ‘n eerste vir die Dodgers.

In die o12-afdeling sal die Dodgers deur twee belowende spelers, Aiden Diedericks (o12C) en Kyle Jacobs (o12B), verteenwoordig.

Die Valies se teenwoordigheid in hierdie ouderdomsgroep word verder versterk deur Janita Niemand, wat as bestuurder van die 12C-span aangewys is.

Die Dodgers se invloed is selfs meer opvallend in die o15-afdeling met Miguel Lloyd en Adriaan van der Merwe wat hul plekke in die o15A-span verseker het.

Afrigtingskrag uit die streek is ewe noemenswaardig, met David Lloyd wat as hoofafrigter van die 15C-span leiding sal gee en Damion Lloyd wat hom in die afrigtingspan sal bystaan.

Sasha en Darian Arbuckle het onderskeidelik die o15B en o.15C-span gehaal, terwyl Christopher Henry ook vir die C-span sal uitdraf.

Op o18-vlak is Shayne Niemand as ‘n nie-reisende reserwe aangewys.

Die aantal Vaal Dodgers-spelers en -afrigters wat oor die ouderdomsgroepe heen ingesluit is, beklemtoon die streek se groeiende invloed in Gauteng-bofbal.

Met ’n sterk verteenwoordiging op die veld en in die dugout, gaan die Dodgers die 2026-kampioenskapseisoen met trots en momentum tegemoet.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button