Sport

Gibbons kry kraai koning

Wys wie is die koning van die Midvaal Fast One

MEYERTON – Ryan Gibbons het Sondag digby die Henley Model-vliegveld die 2026 Midvaal Fast One Cycle Challenge oor 106km in spogtyd van 2:13:01 gewen.

Sy wiel het eerste oor die wenstreep geblits om Reinhardt Janse van Rensburg (2:13:01) ‘n voormalige Tour de France ryer in ‘n naelrit uit te stof.

Bondel-aksie tydens die Midvaal Fast One Cycle Challenge. Foto: Ettienne van Rensburg

In die vroue-afdeling het Sonica Klopper (2:43:43) vir Lisa Bone (2:43:50) en Taenal Otto (2:43.50) uitegstof om die boonste podiumplek te beklee.

In die tandem-afdeling het Steven Oberholzer en Jaclyn Bilson (2:40:40) die  106 km-wedren gewen en in die 62km wedren het Adriaan Venter en Deon Uys (2:13:55) die septer geswaai.

Jaers op pad wenstreep toe. Foto: Ettienne van Rensburg

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button