Sport
Fonteine-byeenkoms weer ‘n sukses
Gemeet aan die gehalte van atletiek wat by die byeenkoms opgelewer is, gaan daar nog puik prestasies die seisoen volg.
SASOLBURG – As die DP de Villiers-stadion kon skinder, sou hy net goeie dinge oor die Fonteine Uitnodiging-atletiekbyeenkoms kon kwytraak.
Daarvan het die Primêre Skool Fonteine seker gemaak deur ‘n skitterende byeenkoms op Vrydag 23 Januarie aan te bied.
Maar daar was ook hulp van die Laerskool DF Malherbe, LS Totius, Heidelberg Volkskool, Trio, Emfulenipark, Lumiére, Vaalpark Primêr, Noordskool, LS Vryheidsmonument, LS Eligwa en LS Suikerbos se atlete wat uithaler prestasie op die baan en veld gelewer het.
Vaalweekblad se kamera was daar om van die hoogtepunte vas te vang.






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
