VEREENIGING – Die Vereeniging Rugbyklub skop more-aand by die Barnyard sy seisoen af met ‘n vriendskaplikewedstryd teen die Varsityskildspan van UKZN af.
Die wedstryd sal aangewend word om kombinasies te toets en die roes van die afseisoen af te skud.
Die flanke Theunis Muller en Mzamo Zulu sal hulle terugkeer maak na ‘n lang tydperk op die krukkelys.
Die wedstryd skop om 19:30 af.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
