Sport

VRK 26, UKZN 26

'n Gelykopuitslag is soos om jou sussie te soen.

VEREENIGING – Op die stadium van die seisoen is enige uitslag wat nie ‘n nederlaag behels nie ‘n wen.

Daarvan kan die Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan getuig nadat hy gisteraand op sy tuisveld teen UKZN se Varsityskild met 26-26 gelykop gespeel het.

Die kragmeting sal as ‘n wen in die span se afrigter, Ockert Brits, se boekie afgetiek word. Proefnemings is gedoen en nuwe kombinasies is getoets en dit opsigself sal hom rustiger laat slaap.

Die nuwe senters André Haarhoff en Ruan Oosthuizen het ook handop gesteek en die haker Seth Haddad het voorlangs uitgeblink.

Die wedstryd is teen ‘n hoë tempo gespeel wat die spelers se fiksheidsvlakke so vroeg in die seisoen onder die vergrootglas geplaas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button