VANDERBIJLPARK – Die tweede week van die Finsbury-krieketreeks was ‘n goeie een vir die o15A-krieketspan van die Hoërskool Transvalia nadat hy Leeuwenhof Akademie met 138 lopies geklop het.
Aan die spits van die spogsege was JD de Bruyn wat 50 lopies van slegs 25 aflewerings gemoker het. Sy beurt het vyf reuse sesse ingesluit. Damon Kelly-Gliddon (37) het ook skitterend gekolf.

Transvalia het 177/10 in 29.2 beurte aangeteken waarna Leeuwenhoff vir ‘n beskeie 39/10 uitgeboul is. James van Vuuren (3/5) en Kelly Gliddon (3/15) het verwoesting met die bal gesaai.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
