Sport

Puik atletiek by Willie Roux-byeenkoms

Die byeenkoms lewer jaarliks atletiek uit die boonste rakke op

SASOLBURG –  Die jaarlikse Willie Roux-atletiekbyeenkoms wat deur die HS Sasolburg aangebied word was vanjaar weer ‘n reuse-sukses.

Die atletiek-skouspel het Saterdag 31 Januarie op die DP de Villiers-stadion in versengende hitte plaasgevind.

Hoewel die dag verskeie spogprestasies opgelewer het, het Kaylin Fourie (o.17: diskus, spiesgooi en gewigstoot)  en Tshepang Rantsolase (o.17: 100m, 200m en hoogspring) die kollig gesteel deur as die beste dogters- en seunsatleet van die byeenkoms aangewys te word.

‘n Atleet van SHS gee die gewigstootbal lug. Foto’s: Wynand Storm
Verspring-aksie tydens die Willie Roux-byeenkoms.
Hou bene hou!
Diskus gooi bly ‘n kuns.
Wegspring-aksie in die naellope.
‘n Verspring van SHS stel sy veerkrag ten toon.
Dwarslat? Watter dwarslat. ‘n Paalspring atleet van die HS Sasolburg seil sonder moet oor die dwarslat.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button