Sport
Kyk video: Spanners draai die krane oop
Atlete wys vaart wat jy nie onder elke bos uitskop nie.
SASOLBURG – Naellope en aflos-item beskik nou maar net oor daardie spesiale “iets” wat mense laat terugkeer vir meer.
Dit is gisteraand op die DP de Villiers-stadion weer bewys met die Laerskool Vryheidsmonument se jaarlikse aflosaand.
Die aflosaand is ‘n hoogtepunt op die atletiekkalender. Hoewel die byeenkoms verskeie hoogtepunte opgelewer het, is die beste vir laaste gelos. Die kollig is deur die HTS Sasolburg se o.19-seunsspan gesteel wat die item in ‘n spogtyd van 43:00s gewen. HS Sasolburg was tweede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
