VANDERBIJLPARK – Die Gauteng Lions Plattelandkrieketspan se wendroogte van 15 jaar is die naweek in Witriver gebreek toe hy Krieket Suid-Afrika se Platteland Toernooi gewen het.
Die span wat uitsluitlik uit klubspelers van die Vaaldriehoek bestaan, het die wêreld aan die brand gespeel.
Die span se kaptein, Wikus Botha, was aan die spits hy het 227 lopies teen ‘n gemiddeld van 57 lopies per beurt aangeteken om as die voorste lopievraat uit die stryd te tree.


Hy het boonop ses paatjies in vyf wedstryde geneem, wat hom as veelsydige speler en kaptein onmisbaar vir die span gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
