Sport
Valia-atlete maak amok
Valia het onder meer die HS Monument, Kempton Park, Dr. Malan en Potchefstroom Gimnasium uitgestof in die proses.
VANDERBIJLPARK – Arnold van der Merwe die nuwe stuurman van die HS Transvalia se atletiekvlagskip is mooi op koers na die beloofde land.
Valia se atlete het ‘n groot slag geslaan toe hy algeheel tweede by die NWU Wildeklawer Super 16 Atletiekbyeenkoms (afdeling 1 en 2) geëindig het.
Die dogtersspan het eerste geëindig en die seuns het in derde plek klaargemaak. Die Valia-atletiek Armade het 21 goue medaljes, 24 silwermedaljes en 20 bronsmedaljes in die proses opgeraap.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
