SHS se kundigheid word beloon
Die trio se aanstellings is 'n bewys dat harde werk beloon word.
SASOLBURG – Die HS Sasolburg se fakkel gaan helder brand by die SA Skole Atletiek kampioenskap nadat drie van sy personeellede aangewys is om Vrystaat Hoërskole Atletiek van 8 tot 11 April in Rustenburg te verteenwoordig.
Dr. Joël de Lange sal as lid van die Uitvoerende Komitee (Tesourier) van Vrystaat Hoërskole Atletiek en ook as spanbestuurder vir die Fezile Dabi-distrik optree. Carmin Steyn, dien as die hoof van die Vrystaat se tegniese beamptes op die uitvoerende kommitee en is ook as die Vrystaat se naelloopafrigter aangewys. Chané van Rensburg is as die Vrystaat se verspringafrigter gekies.
Die aanstelling is ‘n groot pluimpie en dien as ’n besonderse erkenning van die trio se kundigheid, toewyding en jarelange diens aan skolesport.
