VANDERBIJLPARK – Wanneer die Sedibeng netbalsproewe vanmiddag op die HS Transvalia se bane afskop sal 28 Valia-spelers onder die hoopvolles tel wat om plekke in die onderskeie spanne gaan meeding.
Die netbalspelers van die HS Transvalia wat vir die proewe uitgenooi is, is:
o14: Talita Jonker, LIze Swart, Karli Nieuwenhuizen, Alyssa Thiart, Mienke Visser, Kiara Pienaar en Miané de Clercq.
o15: Marizel Olwagen, Megan Rheeder, Lee-Anne Bridges, Liance Rheeder en Dunay van Tonder.
o16: Karla Rossouw, Marie Louw, Jamey van Jaarsveld, Leane Goosen, Nicole van Wyngaardt en Nia Smith. o17: Liandri Goosen, Micayla Rheeder, Quesna Fourie, Melandri Smith, Ane Nieuwenhuizen en Minki Nortje. o18: Ruzaan van Zyl, Mikayla Kugler, Gabriella Du Toit en Chantene Goosen.
