Groot pret by inter-kleuterskole atletiek
Oud en jonk het die jaarlikse atletiekdag terdee geniet

VANDERBIJLPARK – Die jaarlikse vierhoekige kleuterskool atletiekbyeenkoms tussen Skitterland Montessori, Little Blessings, Cam Kidz en Ek is Uniek het Saterdag by die Hoërskool Driehoek weer vir groot opwinding gesorg.

Die byeenkoms word ook aangewend om donasies vir die DBV in te samel. Na die optog op die veld het oud en jonk saamgedrom om die kleinspan te ondersteun in die naellope en hekkies. Voor die hekkielopers hul talente uitgestal het, het die ouers geleentheid gekry om hul atletiese vermoëns vir die kleinspan te wys.

Hoewel ‘n paar dyspiere en kuite getrek is, was die ergste beserings die ouers wat grond gekoop het se egos. Almal het lekker gelag, maar dit was alles in goeie gees.

