VAALPARK – Die oggendson oor Vaalpark het skaars sy eerste strale deur die bome laat breek toe die atmosfeer by Heron Banks Gholf klub reeds gons van opgewondenheid. Die uitgestrekte skoonvelde, vars van die vorige nag se dou was die perfekte landskap vir die Laerskool Eligwa se gholfdag wat vroeër vandeesmaand plaasgevind het.
Dit was meer as net ‘n fondsinsameling dit was ’n viering van gemeenskap, trots en ’n gedeelde liefde vir die spel.

Spelers het een vir een opgedaag sommige met gesoute afslaan, ander met ’n optimistiese glimlag en die hoop op ’n “lucky bounce”. Die klank van gholfkarretjies wat aanskakel en vriende wat mekaar het die lug gevul nog voor die eerste bal deur die lug getrek het.

Teen die tyd dat die eerste vierballe afgeslaan het, het die baan soos ’n bewegende skildery gelyk helder kleure van spanhemde, die sagte groen van die baan en die glinstering van waterhindernisse wat aan die spelers se senuwees geknaag het.
Eligwa se gholfdag was nie net ’n sukses nie, maar ’n hoogtepunt op die plaaslike kalender.

