Drie SA-skole kampioene vir Dokkies
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek spog met vyf SA-skole kampioene nadat dié atlete die Germiston-stadion tydens SA Hoërskole Byeenkoms met ‘n reuse-slag getref het. Die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton het dié aanslag gelei met drie SA-skole kampioene wat uit hul geledere gekom het. Logan Venter is as die 400m o.17-hekkieskampioen gekroon en haar mede-dokkies Jullienne …
VANDERBIJLPARK. – Die Vaaldriehoek spog met vyf SA-skole kampioene nadat dié atlete die Germiston-stadion tydens SA Hoërskole Byeenkoms met ‘n reuse-slag getref het.
Die Hoërskool Dr. Malan in Meyerton het dié aanslag gelei met drie SA-skole kampioene wat uit hul geledere gekom het. Logan Venter is as die 400m o.17-hekkieskampioen gekroon en haar mede-dokkies Jullienne Strydom en Joshua van Deventer is onderskeidelik as die o.19-verspringkampioen – met ‘n sprong van 5.79m – en die o.17-hoogspringkampioen – met ‘n hoogte van 2.03m – gekroon.
Die Hoërskool Overvaal se driesprong-koning, Ethan Olivier, het ook nie gras onder sy voete laat groei nie, toe hy het die SA Skole rekord vir s.o/17 met ‘n reuse-spring van 16.12m verbeter het. Dit is ook nie-amptelik ‘n ASA-rekord. Hy kan homself egter werklik ongelukkig ag aangesien die windmeter na sy derde sprong weggeneem is.
Hy het egter steeds 1000 tabelpunte vir sy rekordpoging ingepalm. Die ander Valie wat ‘n SA-skolerekord verbeter het, is die Hoërskool Transvalia se langasem Marli Dimond wat die 800m vir dogters o.17 in ‘n rekordtyd van 2:05.98 afgeblits het. Sy het ook 1 000 tabelpunte verdien.
Op 1 en 2 April in Potchefstroom breek die groot dag aan wanneer ASA se nasionale byeenkoms plaasvind. Vaalweekblad hou duim vas vir die Vaal se atlete wat daar in aksie gaan wees.





