Eerste haelstorm van 2022
Eerste haelstorm in Vanderbijlpark vir 2022. "Stikstof vir die grond", het my Ouma Bessie altyd gesê.
Vanderbijlpark. – Na ‘n besonderse warm, drukkende dag, het die eerste donderstorm van die nuwejaar ook hael meegebring.
Die groot korrels het baldadig op die gras gespat. Die storm wat net na 15:30 losgebars het, het aan en af swaar weer veroorsaak tot net voor 19:00.