Vaalrivier vloei sterk

Die Vaalrivier bly maar mooi.

Die Vaalrivier het Saterdag, 29 Januarie 2022 nog sterk gevloei by die ou hangbrug in Parys.

Watervlakke behoort nou te sak nadat die laaste van die vyf kruinsluise wat oop was by die Vaaldam op 28 Januarie 2022 toegetrek is.

Die ou hangbrug in Parys dateer uit 1919. Destyds is dit as ‘n swaaibrug gebou om van die Vrystaat kant oor te loop na die eiland.

Mettertyd is dit versterk. Vandag kan mens wel op die brug loop en die water bewonder, maar daar is nie meer ‘n deurgang na die anderkant (waar daar nou ‘n gholflandgoed) geleë is nie.

Die brug se relings is van hoek tot kant gepak met slotte wat mense daar laat met datums en name op as herinnering dat hul daar was. https://youtu.be/BsY7V2vNb6k  

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button