Vrou verloor beheer na uitswaai vir slaggate
‘n Jong vrou het Donderdagmiddag 11 Junie net na 16:00 beheer oor haar voertuig verloor nadat sy moes uitswaai vir slaggate op die Potchefstroompad net na die Rietspruit brug. Die vrou het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. Netcare 911 en ER24 was vinnig op die toneel. Omstanders het ook gekla oor die toestand van die pad …

‘n Jong vrou het Donderdagmiddag 11 Junie net na 16:00 beheer oor haar voertuig verloor nadat sy moes uitswaai vir slaggate op die Potchefstroompad net na die Rietspruit brug. Die vrou het gelukkig ongedeerd daarvan afgekom. Netcare 911 en ER24 was vinnig op die toneel. Omstanders het ook gekla oor die toestand van die pad net voor en na die brug wat dit moelik vir bestuurders maak veral as groot vragmotors terselfdertyd die stuk pad gebruik.