School sportSport

Errie-atlete maak spiere los

Deelname was die belanrikste aspek en een en almal, veral die gr. 8’s, het soveel moontlik probeer doen.

Hoërskool Ermelo het Donderdag, 16 Januarie hul interhuis-atletiekbyeenkoms, die begin van die skool se eeufeesviering, gehou.

Deelname was die belanrikste aspek en een en almal, veral die gr. 8’s, het soveel moontlik probeer doen.

Mnr. en me. Engelbrecht van Elandspruit Borane het die uitsonderlike medaljes met die eeufeeswapen daarop geskenk.

Die beste prestasies vir die dag was Hans Greyling (0/16) se 110m-hekkies en Kelly-Anne Bourne (0/14) se 200m.

Leon Nkosi se driesprong vir S0/19 en Talisha Gibson se gewigstoot D0/14 was die beste velditems.

Die Junior Victrix Ludorum is Kelly-Anne Bourne (0/14) en die Victor Ludorum is Jean-Jacques Janse van Rensburg (0/15).

Jolene Rossouw (0/19) is die Senior Victrix Ludorum en die Senior Victor Ludorum is Hans Greyling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button