School sportSport

Ligbron-wintersportspanne op dreef

Die twee skole speel reeds etlike jare vir die derbybeker

Die tweede wedstryde in die Superreeks het Dinsdag 11 Maart op Ligbron se velde en op die AJ Swanepoel teen Pionier Hoërskool van Vryheid plaasgevind.

Die twee skole speel reeds etlike jare vir die derbybeker, waar die eerste spanne vier punte vir ’n oorwinning verdien en die res van die spanne twee punte vir ’n sege. Ligbron het die derby oortuigend met 36-4 gewen.

Die John Wright Veneers eerste rugbyspan het sy wedstryd met 36 – 15 gewen. Carl Jacobsz het 21 van die 36 punte met sy skopvoet aangeteken. Die Liggies was met rustyd slegs met 9 – 8 voor, maar het egter in die tweede helfte daarin geslaag om drie drieë te druk. Die drieë is deur Mbali Maseko en Burger Kriel (2) gedruk.

Ander uitslae is (Ligbron se tellings eerste): tweede span 22 – 13; 0/16A 20 – 0; 0/15A 22 – 7 en 0/14A 0 – 0

Die netbaluitslae is (Ligbron se tellings eerste): eerste span 20 – 18; 0/14A 7-7; 0/15A 18 -6; 0/16A 13-7; 0/17 speel teen gekombineerde 0/17-0/19 span en verloor 1-12.

Die hokkie-uitslae is (Ligbron se tellings eerste): eerste seuns 2 – 0; eerste dogters: 5 – 0; tweede dogters 2 – 1; 0/16 3 – 0; 0/15 2 – 1 en 0/14 6 – 0.

Die rugbyspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Saterdag hulle goeie spel van die afgelope weke voortgesit en bykans al die spanne beklee tans die eerste plek in hul onderskeie poele.

Die John Wright Veneers eerste span het ondanks 11 veranderings in hul geledere gewys dat Ligbron vanjaar oor baie diepte beskik toe die span Hoërskool John Vorster van Nigel 44 – 10 geklop het. Liggies het nie minder nie as sewe drieë gedruk. Ruan Viljoen het as losskakel uitgeblink.

Ander tellings is (Ligbron se tellings eerste): 0/14 A: 24 – 0; 0/15A: 64 – 0; 0/16A: 36 – 0 en tweede span 20 – 3.

Ligbron se eerste netbalspan het aanskoulike netbal gespeel en John Vorster met 27 -16 die loef afgesteek. Ná ’n gelykop-stryd in die eerste twee kwarte het Ligbron met goeie verdediging en aanvalstaktiek die oorhand gekry. Die res van die spanne het sewe van hul agt wedstryde gewen.

Ander tellings is (Ligbron se tellings eerste): 0/14A:17 – 11; 0/14B: 22 – 7; 0/15A: 17– 4; 0/15B: 14- 5;

0/16A: 17 – 8; 0/16B: 16 – 4 en 0/17A: 11 – 16.

Ligbron se hokkiespanne het die spanne van hul teenstanders totaal oorheers en al hul wedstryde gewen. Spelers wat in hul wedstryde doele aangeteken het, is:

0/14: Simphiwe Msezane, Nicola Bruwer, Johanette Steyn, Suné Mostert en Anika Jacobsz;

0/15: Stephnie Krause, Lindie Mostert, Janke du Plessis, Carien Kritzinger en Vanessa Maseko;

0/16: Mareleen Dinkelman, Eve Venter, Janke Kriel, Pumla Makhatswa, Catha Jacobs, Bunth Manzini, Anneke Roux en Zama Nkosi.

Tweede span: Rorysang Phongoma, Bianca Smit en Selina Banda;

Eerste dogterspan: Lianca Rall, Jaune Walker en Amorie Greyling;

Eerste seunspan: Berno van Niekerk, JP Stander en Themba Fakude.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button