School sportSport

Erries staan hul man

Die EHS het Donderdag met hul wintersportspanne teen Hoërskool Transvalia te staan gekom. Ten spyte van sterk teenstand het die Erries hul man gestaan met die netbalspanne wat met elke wedstryd verbeter het. Die 0/15A-span het hul wedstryd 28-8 gewen en die tweede span het 20-17 met hul teenstanders afgereken. Die 0/16A-span het een bonuspunt …

Die EHS het Donderdag met hul wintersportspanne teen Hoërskool Transvalia te staan gekom.

Ten spyte van sterk teenstand het die Erries hul man gestaan met die netbalspanne wat met elke wedstryd verbeter het.

Die 0/15A-span het hul wedstryd 28-8 gewen en die tweede span het 20-17 met hul teenstanders afgereken. Die 0/16A-span het een bonuspunt en die 0/17A-span het twee bonuspunte behaal.

Die eerste seunspan het uitstekende hokkie gespeel en was ongelukkig om nie ’n gelykop-uitslag te behaal nie. Die 0/14A-seunspan en 0/15A-dogterspan het elk hulle wedstryd 2-1 gewen met die 0/16A- en eerste dogterspan wat gelykop in hul wedstryde geëindig het.

Die Erries se rugbyspanne het moedig probeer, maar kon nie die sterk teëstand van Transvalia troef nie. Die eerste span se wedstryd was ’n herhaling van verlede jaar se Beeld-eindstryd waar goeie verdediging en Errie-moed net nie genoeg was nie. Transvalia het met 19-13 as wenners uit die stryd getree.

Ná die skoolvakansie gaan die Tuks-reeks voort met die kwarteindronde wat by Hoërskool Florida plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button