School sportSport

Liggies is Superkampioene!

Ligbron het met die louere weggestap het as algehele Superreeks-kampioene.

Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugby-, hokkie- en netbalspanne het Donderdag aan die eindwedstryde in die Superreeks deelgeneem en gesorg dat die skool met die louere weggestap het as algehele Superreeks-kampioene.

Die wedstryde is op Hoërskool Brandwag en Benoni Northerns se velde gespeel.

Ligbron se eerste, tweede, 0/16- en 0/14-rugbyspanne is as Superreeks-kampioene gekroon, terwyl die eerste, 0/15- en 0/14-hokkiespanne ook die Superreeks as kampioene afgesluit het.

Die Liggies se eerste netbalspan het as naaswenners in die reeks geëindig.

Die uitslae van die wedstryde is:

Rugby: eerste span klop Hoërskool Brandwag 48 – 16; tweede span klop Brandwag 33 – 0; 0/16A klop Brandwag 50 – 7; 0/15 klop Hoërskool Dinamika 32 – 7 (sewende plek) en 0/14 klop Brandwag 42 – 0.

Hokkie: eerste span klop Brandwag 5 – 0; tweede span verloor 0 -1 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/16 klop Jan Viljoen 8 – 0; 0/15 klop Brandwag 4 – 0 en 0/14 klop Brandwag 2 – 0.

Netbal: eerste span verloor 20 – 31 teen Brandwag (tweede plek); tweede span verloor 6 – 36 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/16 verloor 18 – 20 teen Volkskool Heidelberg (tweede plek); 0/15 klop Dinamika 22 -15 (vyfde plek) en 0/14 klop Jan Viljoen 14 – 12 (sewende plek).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button