School sportSport
Nuwe Astrobaan beproef Liggie seunshokkiespanne
Dit was ook die eerste keer dat die Liggies ’n ligawedstryd op hulle nuwe Astro Hokkiebaan gespeel het.
Ligbron Akademie vir Tegnologie se seuns eerste, 0/16 en o/14 hokkiespanne het verlede Vrydag, in ligawedstryde teen Hoërskool Oosterland van Secunda te staan gekom.
Dit was ook die eerste keer dat die Liggies ’n ligawedstryd op hulle nuwe Astro Hokkiebaan gespeel het.
Die bal beweeg aansienlik vinniger op die splinternuwe Astrobaan en die spelers aan beide kante se fiksheid is deeglik beproef.
Liggies se eerste span het ondanks die feit dat hulle die eerste doel aangeteken het die wedstryd 1-3 verloor.
Ligbron se 0/16 span het hulle wedstryd 1 – 4 verloor en die jong 0/14span het die wedstryd 0 – 3 verloor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.