Erries onstuitbaar teen Generaal Hertzog
Die naweek kom die Erries op hul tuisveld teen Hoërskool Hoogenhout in die jaarlikse FNB Classic Clash te staan.

Die Erries het die naweek op hul tuisveld teen Hoërskool Generaal Hertzog se rugby en hokkiespanne te staan gekom.
Die EHS se dogterhokkiespanne het uitmuntende spel gelewer en gesorg vir ’n fees van doele.
Me. Anna–Marie van Heerden se 0/14A’s het die standaard gestel met hul 12 -0 oorwinning tydens die eerste wedstryd van die dag.
Charné Bester het ses en Larika van der Meulen twee doele vir die span aangeteken die ander vier doele is onderskeidelik deur Lana Herholdt, Margha Greyling, Mpho Masehla en Anke de Kock ingeskiet.
Die 0/15-A span het hul wedstryd 2-0 gewen, die puntemakers in dié wedstryd was Jana Nel en Zeldine Pienaar.
Die 0/16 A’s het op die 0/14’s se suksess voortgebou deur Generaal Hertzog 11-0 te klop .
Hanné Swart het drie doele aangeteken met Yonette Fourie en Kyla Grobler wat elk twee keer verby die doelwagter gekom het.
Clarize Olivier, Leandri Beyer, Nicole Venter en Marla Oosthuizen het elk een doel aangeteken.
Zelné de Jager se vier doele, Jessica van Rensburg twee doele en Martinet Langeveldt en Theané Arnoldi se doel elk het bygedra tot die tweeds se 8-1 oorwinning.
Die Eerstespan het hul wedstryd 3-0 gewen. Die puntemakers was Lydia Landman met twee doele en Kelly-Anne Bourn wat een aangeteken het.
In ’n vriendskaplike wedstryd het die Erries se eerste seunspan 7-2 met Generaal Hertzog se seuns afgereken.William Gardiner het drie keer die agterkant van die doel gevind en Jaco Johnstone en Christiaan van Huysteen het elk twee doele aangeteken.
Die Erries het ook skoonskip in die rugbykragmeting gemaak.
Die eerste span het met 27-6, twee doele, twee drieë en ’n strafdoel teenoor twee strafdoele gewen.
Ruan Grobler het sy span se laaste drie gedruk en verdoel.
Ernst de Waal (2) en MJ Pienaar was die ander driedrukkers terwyl Stefan Potgieter ’n doelskop en ’n strafskop in punte omgeskep het.
Die tweede span was met 19-12 baas terwyl die derdes met 14-12 en die 0/16’s met 26-14 koning gekraai het.
In die 015/A-wedstryd het die Erries hul teenstaanders met 50-7 afgeransel terwyl die 0/14As ’n oorwinning van 26-17 behaal het.
Die naweek kom die Erries op hul tuisveld teen Hoërskool Hoogenhout in die jaarlikse FNB Classic Clash te staan.