Liggie dogters swaai die wilgerlat
Die Liggies het in die 10de boulbeurt Oosterland se telling verbygegaan en die wedstryd met agt paaltjies gewen

Ligbron Akademie vir Tegnologie se eerste dogterskrieketspan het Woensdag, 16 Augustus in hulle tweede ligawedstryd teen Hoërskool Oosterland te staan gekom.
Die wedstryd het op Oosterland in Secunda se velde plaasgevind .
Oosterland het eerste gekolf en het 78/8 in 20 boulbeurte aangeteken.
Amanda Turner het uitgeblink deur 6/17 in vier boulbeurte te neem.
Die Liggies het in die 10de boulbeurt Oosterland se telling verbygegaan en die wedstryd met agt paaltjies gewen.
Die beste kolwers was Jana Swart met 21 lopies en Amanda Turner met 34(n.u.n.).
Die eerste krieketspanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Secunda het Woensdag, 23 Augustus, op Ligbron se velde mekaar die stryd aangesê.
Secunda het die loting gewen en het die Liggies ingestuur om eerste te kolf. Die Liggie-meisies het 87/8 behaal met Boitumelo Mathabatha wat 23 lopies aangeteken het.
Secunda het Ligbron se telling in die negende boulbeurt verbygegaan en die wedstryd met nege paaltjies gewen.
Dié span het gister (30 Augustus) op Ligbron se velde teen Hoërskool Piet Retief te staan kom. Die uitslae sal in volgende week se uitgawe verskyn.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.



