School sportSport

Ermelo Hoërskool sê Secunda die stryd aan

Die 0/14B-rugbyspan het oortuigend gewen met ’n telling van 47-0.

Die Erries het Saterdag, 12 Mei Hoërskool Secunda op hul tuisveld die stryd aangesê.

Die hokkie-uitslae is:

  • Die 0/14A-span het 4-1 gewen. Danel Olivier, Kayla van der Meyden, Caylin Loock het die span se doele aangeteken.
  • Die D0/15A-span het 5-1 gewen nadat die rustydtelling 1-1 was. Chané Bester het drie doele en Anke de Kock het twee doele aangeteken.
  • Die 0/16A-span het as die wenners uit die stryd getree met 1-0.
  • Die tweedespan het 7-0 gewen. Yonette Fourie en Clariz Olivier het twee doele elk aangeteken en Zelné de Jager, Gerzanda Fourie en Jani Hattingh een doel elk.
  • Die eerstespan het 1-2 verloor. Ansu Klopper het die doel aangeteken.

Die netbaldogters se tellings is:

  • 0/14A (6-16), 0/14B (6-18) teen Secunda 0/14B, 11-11 teen Secunda 0/14C, 0/15A (6-24), 0/15B (2-20) teen Secunda 0/15B, 11-6 teen Secunda 0/15C.
  • Die 0/16A-span 8-19 en die 0/17A-span 2-17.
  • Tweedespan 6-7 teen Secunda se tweedespan en 18-3 teen Secunda se derdespan.

Hoërskool Ermelo Calstar se eerste netbalspan: 23-25.

Die rugby-uitslae is:

  • Die 0/14A-span verloor 28-17. Tiaan Grobler het twee drieë gedruk en Juan-Paul Labuschagne een. Juan-Paul het ook een doelskop aangeteken.
  • Die 0/14B-span het oortuigend gewen met ’n telling van 47-0. Thobekani Mbokane en Sihle Nkambule het drie drieë elk aangeteken en Msizi Hlope een. Edrick van der Westhuizen het ses doelskoppe oorgeskop.

Vir die 0/15A-span het Sfiso Mahlangu een drie en Arend Fourie twee drieë aangeteken en die wedstryd op 15-26 laat eindig.

Die 0/16A-span het 21-17 verloor. Rabbie Marsh en Luke Bulford het ’n drie elk gedruk en Hardus Rothman het met ’n doelskop en ’n strafdoel geslaag.

  • Die 0/16B-span het met 5-28 verloor. Buhle Manana het ’n drie aangeteken.
  • Die tweedespan het 26-27 verloor. Tyron Dewar het twee drieë en Surprise Nkosi en Teno Chigede een drie elk aangeteken. Surprise Nkosi het ook met drie doelskoppe geslaag.
  • Die Hoërskool Ermelo Highveld Nashua-eerstespan het die knie voor Secunda gebuig met ’n telling van 65-3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button