Ermelo Hoërskool se krieketspanne behaal gemengde uitslae
Die boulers van Ermelo Hoërskool wat uitgeblink het met die boulwerk was Zimri Büchling met twee paaltjie en Christiaan Arnoldi, Danie Theron, Arend Fourie, Wian Swart en Marko Ferreira het elkeen een paaltjie geneem.
Ermelo Hoërskool se 0/14A-krieketspan het Maandag, 17 September teen Hoërskool Secunda te staan gekom.
Secunda het eerste gekolf en 184/5 in hul 20 beurte aangeteken.
Hoewel die Erries goed gekolf het, kon hulle nie dié telling haal nie en het 118/8 aangeteken en die wedstryd met 70 lopies verloor.
Marko Ferreira het uitgestaan met 51 lopies.

Die dogterskrieketspan het Woensdag, 19 September Hoërskool Hoogenhout die stryd aangesê.
EHS se dogters het die loot gewen en besluit om eerste die kolf op te neem. Die span het 160 lopies in hul toegelate 20 beurte aangeteken.
Anke Kruger is met 38 lopies as die beste kolwer aangewys.
Hoogenhout het tweede gekolf met twee dogters in die span wat vir die senior provinsiale span speel. Hulle het 161 lopies aangeteken sonder die verlies van ’n paaltjie. Hoogenhout het die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

EHS se 0/15A-span het Vrydag, 21 September teen Hoërskool Piet Retief gespeel.
Danie Theron, die span se kaptein, het die loot gewen en besluit dat Hoërskool Piet Retief eerste moes kolf.
Die span het 239 lopies in hul toegelate 50 beurte aangeteken.
Die boulers van Ermelo Hoërskool wat uitgeblink het met die bal, was Zimri Büchling met twee paaltjie en Christiaan Arnoldi, Danie Theron, Arend Fourie, Wian Swart en Marko Ferreira wat elkeen een paaltjie geneem het.
Na middagete was die Erries aan die beurt met die kolf, maar kon slegs 68 lopies aanteken.
Christiaan Arnoldi het 24 lopies van 11 balle aangeteken en Marko Ferreira het ook 24 lopies gehad.
Die Erries se 0/15A-span het die wedstryd met 171 lopies verloor.
Ermelo Hoërskool se eerste krieketspan het Maandag, 24 September teen Hoërskool Hoogenhout gespeel.
Die Erries het die loot gewen en eerste geboul.
Hoogenhout het 293 lopies aangeteken.
Die telling was helaas te hoog vir die Errie-kolwers en hulle moes ’n groot loesing aanvaar.
Hoërskool Hoogenhout het die wedstryd met 237 lopies gewen.




