Sport

Sias Greyling gereed vir Moer ’n Boer se tweede seisoen

Sias Greyling van Morgenzon neem deel aan kykNET se Moer ’n Boer Seisoen 2.

MORGENZON – “Maak gereed, dit is koestyd!”

Morgenzon se eie Sias Greyling is terug in die kollig as een van die finaliste op kykNET se Moer ’n Boer.

Greyling, ’n boer op Plaas Tweefontein en oudleerling van Morgenzon Landbou Akademie, is vasbeslote om te wys waarvan hy gemaak is.

“Moer ’n Boer 2 begin op 26 Julie en word elke Saterdagaand uitgesaai op kykNET (DStv-kanaal 144). Die program is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

LEES OOK: Morgenzon-boer verseker sy plek in Moer ’n Boer

In die program meet 28 boere hul staal, in en buite die veghok, in uitdagings wat wissel van gevegte tot skiet- en braaikompetisies, boeresport en selfs tydens mediakonferensies.

Met sy Morgenzon en omliggende dorpe se ondersteuning agter hom, staan Greyling gereed om die toets van sy lewe aan te pak.

Vind uit hoe hy voorberei het vir dié unieke uitdaging. Lees sy volledige storie in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button