School sport
EHS-atlete vaar uitstekend by SA’s en ASA
EHS se atlete het die skool se naam by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap (SA’s) asook die Atletiek Suid-Afrika-kampioenskap (ASA) hoog gehou.
Die Errie-atlete het gedurende die vakansie aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap (SA’s) asook die Atletiek Suid-Arika-kampioenskap (ASA) deelgeneem.
Die atlete het uitstekend gevaar en het die volgende plekke tydens SA’s behaal:
- Mia Davel eindig derde in die dogters o. 17-hoogspring en sesde in 100 m-hekkies.
- Tyrone Berning behaal ’n derde plek in die seuns o. 17-hoogspring en ’n sesde plek in 400 m-hekkies.
- Mia Steenkamp eindig sesde in die dogters o. 19 se 400 m-hekkies.


By die ASA behaal die Erries die volgende plekke:
- Luan Greyling eindig tweede in die seuns o. 16 se 800 m-item.
- Tyrone Berning was sesde in die seuns o. 18 hoogspring en tweede in 4×400 m-gemengde aflos.
- Mia Davel behaal ’n vierde plek in die dogters o. 18-hoogspring en ’n tweede plek in 4×400 m-gemengde aflos.

“Baie geluk aan die atlete met die prestasies wat hullle op so ‘n hoë vlak behaal het. EHS is trots op elkeen,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



