School sport

Ligbron Akademie vir Tegnologie is voorlopers in gholfliga

Die A-liga het ’n telling van 50 punte behaal. Ricci Koch is met ’n indrukwekkende telling van 19 punte as die beste speler aangewys.

Ligbron het die tweede ronde van die Gert Sibande-gholfliga verower, wat hulle tans die voorlopers maak met twee oorwinnings uit die vier wedstryde.

Die vyf skole wat deel van die liga vorm, is Hoërskool Ermelo, Hoërskool Volksrust, Hoërskool Piet Retief, Hoërskool Hoogenhout en Ligbron.

Tydens die eerste ronde by die Ermelo Buiteklub het al drie Ligbron-spanne as oorwinnaars uit die stryd getree.

Die A-liga het ’n telling van 50 punte behaal. Ricci Koch is met ’n indrukwekkende telling van 19 punte as die beste speler aangewys.

Die B-liga het 54 punte behaal. Ulrich Kleynhans is die topspeler met ’n telling van 30 punte.

Die C-liga het ’n telling van 47 behaal. Regard Janse van Rensburg het met 18 punte as die beste speler presteer.

Die tweede ronde het op 13 Mei in Piet Retief plaasgevind. Die A-liga het uitstekend gevaar met ’n telling van 42 punte, 11 meer as die naaste mededingers. Ruben Kruger se uitstekende spel

het hom ’n indrukwekkende telling van 15 punte besorg.

Die B-liga het gelykop geëindig met Hoërskool Ermelo se telling van 41 punte, en Ulrich Kleynhans het weer eens as die beste speler uitgeblink met ’n telling van 16 punte.

Die C-liga het met ’n telling van 56 oorheers, vyf punte meer as die naaste teenstanders. Corrie Visagie en Johardt Swanepoel het beide met ‘n telling van 19 punte elk uitgeblink.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button