School sport

Ligbron en EHS lewer kookwater-hokkie in gure weer

Die spelers het gesorg dat die wedstryde opwindend en mededingend was.

In spogwedstryde tussen Ligbron Akademie vir Tegnologie en Hoërskool Ermelo se hokkiespanne op Ligbron se astrobane, het die spanne mekaar die stryd aangesê.

Ondanks die reën, wind en koue het die spelers kookwater hokkie opgelewer, en hulle is toegejuig deur luidrugtige ondersteuners.

Sien al die foto’s: HIER

Die uitslae van die wedstryde is soos volg (met Ligbron se telling eerste):
• o. 14-hokkiespan het met ’n telling van 2-0 gewen.
• o. 16-hokkiespan het gelykop 2-2 gespeel.
• Die eerste span het ’n oortuigende sege van 5-1 behaal.

Die opwindende derby het getoon hoeveel passie daar in beide skole is.

Die spelers het gesorg dat die wedstryde opwindend en mededingend was.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button