School sport
Ligbron wys hul vaardighede teen vorige Noordvaal-wenners
Die wedstryde het op ’n koue wintersdag plaasgevind, maar dit het nie die Liggies gekeer om hul beste te lewer nie.
Ligbron het teen Hoërskool Oosmoot se rugbyspanne wedstryde gespeel op Saterdag 27 Mei.
Dit was gedugte kragmetings met Hoërskool Oosmoot as verlede jaar se Noordvaal-wenners.
Die wedstryde op ’n koue dag plaasgevind, maar daar was vuurwarm rugby opgelewer.
Die uitslae was soos volg, met Ligbron se tellings eerste:
- o. 14A: 7-10
- o. 14B: 12-26
- o. 15A: 36-0
- o. 15B: 52-0
- o. 16A: 12-15
- o. 16B: 50-0
- Derde span: 19-0
- Tweede span: 13-10
- Eerste span: 17-31.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



