Erries presteer uitstekend by Mpumalanga-uitspele
Hoërskool Ermelo KS-Clothing se eerste dogtershokkiespan eindig vyfde in Mpumalanga, en vanaf 9 tot 12 Augustus gaan hulle aan die B-Noordvaaltoernooi by Hoërskool Dr. Malan deelneem.
Hoërskool Ermelo se dogtershokkiespanne het onlangs aan die Mpumalanga-uitspele, -kwart- en -halfeindronde deelgeneem.
Al vier die ouderdomsgroepe het goed presteer en die volgende uitslae behaal:
- O. 14-span:
Op 16 Junie tydens die uitspele wen hulle 3-0 teen Volksrust en speel gelykop teen Nelspruit, 0-0. Op 17 Junie tydens die kwart- en halfeindronde het die span 0-3 teen HTS Witbank verloor en wen 2-1 teen Curro Nelspruit.
Hulle eindig vyfde in Mpumalanga en sal vanaf 9 tot 12 Augustus aan die B-Noordvaaltoernooi by Hoërskool Menlopark deelneem.
- O. 15A-span:
Hulle het op 16 Junie teen Nelspruit te staan gekom en 6-1 gewen. Op 17 Junie in die kwarteindronde wen hulle Volksrust 4-1 en in die halfeindronde wen hulle Hoogenhout 2-0.
Tydens die Mpumalanga-eindstryd wat op 22 Julie plaasvind, sal die span vir ’n eerste of tweede plek uitspeel.
Hulle sal vanaf 9 tot 12 Augustus aan die A-Noordvaaltoernooi by Hoërskool Monument deelneem.

- O. 16A-span:
Hierdie span het op 16 Junie teen Oosterland te staan gekom en wen die wedstryd 4-1. Hulle reken ook met 3-1 met Secunda af.
Tydens die kwart- en halfeindronde wen hulle albei hul wedstryde met 6-0 teen Hoërskool Ferrum en 4-2 teen Hoërskool Middelburg.
Tydens die Mpumalanga-eindstryd wat op 22 Julie plaasvind, sal die span vir eerste of tweede plek uitspeel.
Hulle sal vanaf 9 tot 12 Augustus aan die A-Noordvaaltoernooi by Hoërskool Monument deelneem.
- Hoërskool Ermelo KS-Clothing se eerste dogtershokkiespan:
Op 16 Junie wen hulle Hoërskool Lydenburg 3-0 en Ligbron 4-0.Die volgende dag het hulle 1-1 gelykop teen HTS Witbank gespeel, maar verloor 2-3 tydens die uitklopspele.
In die halfeindronde klop hulle Volksrust 8-0.
Hulle eindig vyfde in Mpumalanga, en vanaf 9 tot 12 Augustus gaan hulle aan die B-Noordvaaltoernooi by Hoërskool Dr. Malan deelneem.



