School sport

Liggies-hokkiespan presteer in Mbombela

Die spelers het hul vaardighede tentoongestel en die teenstanders met gemak oorheers.

Die eerste seunshokkiespan van Ligbron Akademie vir Tegnologie het Maandag 17 Julie by die provinsiale hokkiekompetisie in Mbombela presteer.

In die kwarteindronde het Ligbron se spelers teen Hoërskool Lydenburg gespeel. Die wedstryd het ’n eindtelling van 8-0 in Ligbron se guns opgelewer.

Ligbron het in die halfeindronde kragte met HTS Witbank gemeet.

Ligbron se hokkiespelers het oorwin met ’n telling van 3-2.

Ligbron sal eerskomende Saterdag teen Hoërskool Evander meeding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button