School sport

Errie-Eagles vlieg hoog by Rhino-week

In die eindstryd reken hulle gemaklik met Noord-Vrystaat af en tree as die wenners van die o. 16-Rhinoweek uit die stryd.

Gedurende die Julievakansie het Hoërskool Ermelo se o. 15-hokkiedogters aan die Rhino-week se o. 16- hokkietoernooi deelgeneem.

Dié span het as die TWK Eagles bekendgestaan.

Die Eagles-span het nie vir die ander streke teruggestaan nie, en teken in die vyf wedstryde 37 doele aan met slegs drie doele teen hulle.

In die eindstryd reken hulle gemaklik met Noord-Vrystaat af en tree as die wenners van die o. 16-Rhinoweek uit die stryd.

Luné Clack word as die beste speler van die toernooi aangewys, en Danisia Badenhorst as die beste doelslaner van die toernooi.

“Baie geluk aan hierdie o. 15-Errie Eagles en Elana Fourie met hierdie besonderse prestasie,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.

Related Articles

 
Back to top button