School sport

Ligbron-hokkiespan gekroon as Mpumalanga-wenners

Dié prestasie is egter nie die eerste nie, want dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Ligbron onder die bekwame leiding van Vusi Nkosi as die onbetwiste Mpumalanga-wenners gekroon is.

Ligbron se eerste seunshokkiespan het Saterdag teen Hoërskool Evander te staan gekom.

Ligbron het met ’n telling van 1-0 gewen, en is as die wenners van die Mpumalanga-skoleliga aangewys. Die doel in die eindronde is deur Ameen Tikly aangeteken.

Ligbron het na die Mpumalanga-skoleliga se eindronde deurgedring nadat hulle op 17 Julie Hoërskool Lydenburg en HTS Witbank geklop het.

In die kwarteindronde het Ligbron teen Hoërskool Lydenburg gespeel en hulle met ’n telling van 8-0 oorrompel.

In ’n klipharde halfeindronde teen HTS Witbank is Ligbron uiteindelik as die wenners met ’n telling van 3-2 gekroon. Hiermee het hulle ’n plek in die Mpumalanga-eindronde verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button