School sport

Ligbron sluit atletiekseisoen met trots af

Die atletiekseisoen het op 'n hoogtepunt vir Ligbron Akademie vir Tegnologie geëindig, met 'n reeks individuele prestasies onder sy atlete.

Ligbron se atletiekseisoen het op 17 Februarie tydens die TWK Hoëveld Interhoër Atletiekbyeenkoms wat by Hoër Volksskool Heidelberg aangebied is, tot ‘n einde gekom.

Die Liggie atlete het met 45 medaljes tuiswaarts gekeer en heelwat individuele prestasies behaal.

Drie atlete het trofeë ontvang:

  1. Angela Brefo (o. 14) het die trofee ontvang vir die beste junior meisiesnaelloper.
  2. Die beste senior meisiesnaelloper was ook ‘n Liggie, Brenda Kirsten (o. 19).
  3. Katlego Sibiloane (o. 15) was die beste junior hekkies atleet.

In die 3000m (o. 19), het Samkelisiwe Mamba in ‘n uitstekende wedloop, tweede geeindig. Hy het saam met die wenner die vorige rekord vir die wedloop verbeter.

Saneliso Mamba verbeter die 3000m-rekord. Foto’s | Natasha Marx en Natasha Ronquest

Uit die 45 medaljes ontvang is:

  • 11 goud
  • 14 silver
  • 20 brons

Atlete wat meer as een medalje verower het:

  1. Franco Groenewald (o. 16) het silwer en brons vir sy velditems ontvang.
  2. Ruben Kruger (o. 19) het drie silwer medaljes vir gewigstoot, diskus en spiesgooi ontvang.
  3. Katlego Sibiloane (o. 15) het twee goue medaljes losgehardloop.
  4. J.P. Potgieter (o. 15) ontvang twee brons medaljes vir sy velditems.
  5. Nicole Struwig (o. 19) verower drie brons medaljes vir diskus, gewigstoot en spiesgooi.
  6. Niyanda Malinga (o. 16) hardloop twee goue medaljes los.
  7. Angela Brefo ontvang een goue en een silver medalje vir haar baanitems
  8. Brenda Kirsten (o. 19) ontvang goud vir die 100m en 200m.
  9. Alzira Potgieter (o. 15) ontvang goud en brons op die baan
  10. Ruan van Zyl (o. 14) ontvang twee brons medaljes vir sy velditems.
Brenda Kirsten is as die beste senior baanatleet aangewys. Foto’s | Natasha Marx en Natasha Ronquest

Algeheel het Ligbron vyfde geëindig, met hul seunsspan in die vierde plek en hul dogtersspan in die vyfde plek.

“Die Liggies kyk terug op ‘n goeie atletiekseisoen,” het mnr. Gerhard Brand, skoolhoof gesê.

 

Related Articles

 
Back to top button