JJ van der Merwe bied spogtoernooi aan
Elke span het hul bes gegee en die sportvelde het die hele dag weerklink van die gejuig van opgewonde ouers.

Laerskool JJ van der Merwe het die afgelope naweek gasheer gespeel vir sy opwindende en suksesvolle Pumaki Rugby- en netbaltoernooi.
Die skoolterrein het gekook van energie en geesdrif toe sewe skole, insluitende JJ, aan die geleentheid deelgeneem het.
Die ander deelnemende skole was Laerskool Pionier, Laerskool Ermelo, Bethal Primary School, Gekombineerde Skool Hendrina, Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton.
Sien meer foto’s: HIER
Elke span het hul bes gegee en die sportvelde het die hele dag weerklink van die gejuig van opgewonde ouers.
Die toernooi het ’n groot verskeidenheid talent deur die jong spelers opgelewer, met indrukwekkende spanwerk en selfs individuele vaardighede wat deurentyd op die spel was.
Die ouers en ondersteuners het die kante van die veld volgepak en hul stemme dikgemaak om elke beweging en poging van die kinders aan te moedig.