School sport

Liggies eerste span ryg die lopies in teen Piet Retief

Ruben Botha is beloon vir sy uitstekende spel en is as beste kolwer en speler van die dag aangewys.

Ligbron se eerste seuns krieketspan het op 7 September hul wedstryd teen Hoƫrskool Piet Retief met 249 lopies gewen.

Ligbron het besluit om eerste te kolf.

Hulle teken in hierdie kolfbeurt 323 lopies vir die verlies van nege paaltjies in die 50 boulbeurte aan.

Die span se top kolwers het omtrent die lopies ingeryg. Ruben Botha slaan 14 viere en twee sesse en teken 97 lopies van 76 balle aan.

Ruben Kruger is op sy hakke met 46 lopies van 38 balle en Johardt Swanepoel slaan 37 lopies van 41 balle.

Ruben Botha en Ayden Lehmgrubler. Foto: Verskaf/Ligbron

Dit het die Liggie boulers nie lank geneem om Piet Retief se paaltjies te laat kantel nie.

Binne 17 boulbeurte, met slegs 74 lopies op die telbord is die wedstryd verby.

Ayden Lehmgrubler neem vyf paaltjies van 14 balle en Ruben Botha wys ook hier sy staal toe hy drie paaltjies van 43 balle laat kantel.

Ruben Kruger neem die laaste paaltjie van die wedstryd.

Johardt Swanepoel het met sy uitstekende veldwerk drie kolwers uitgevang.

Ruben Botha is as die kolwer van die wedstryd en die speler van die wedstryd aangewys. Ayden Lehmgrubler stap weg as die bouler van die wedstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button