School sport

Errie neem deel aan twee krieket- Premierligas

Hy het die Middelburg Wolves in die Mpumalanga Premierliga verteenwoordig in September wat teen Uplands College van Witrivier gespeel het.

Juard Toerien van Hoërskool Ermelo is gedurende 2024 vir twee spanne in twee onderskeie krieket- Premierligas gekies.

Hy het die Middelburg Wolves in die Mpumalanga Premierliga verteenwoordig, wat vanaf 26 tot 29 September teen Uplands College van Witrivier gespeel het.

Die Middelburg Wolves het ’n derde plek in die Mpumalanga-liga behaal, en Juard is aangewys as die beste o. 14-speler van die toernooi.

Juard Toerien. Foto | Verskaf/EHS

In Desember gaan hy die Bloem Hornets in die Vrystaat Premierliga verteenwoordig. Dié liga sal vanaf 2 tot 5 Desember plaasvind, wanneer hulle teen Grey College te staan sal kom.

“Hoërskool Ermelo is ongelooflik trots op Juard en wens hom en sy span baie sterkte met die toernooi toe,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button