School sport

Oud-Liggies sluit aan as afrigters by Pumas se rugby- en netbalspanne

Pretorius was op hoërskool ‘n uitblinker op die netbalbaan en Roslee het ‘n aktiewe rugbyloopbaan agter sy blad.

Twee van Ligbron Akademie vir Tegnologie se onderwysers, Carinché Pretorius en Tiaan Rosslee, is onlangs aangewys as Puma afrigters vir onderskeidelik netbal en rugby.

Albei hierdie onderwysers is ook oud Liggies.

Carinché Pretorius

Carinché Pretorius. Foto: Verskaf/Ligbron

Pretorius was op hoërskool ‘n uitblinker op die netbalbaan.

Sy het vir twee jaar hulpdoel vir die skool se eerste span gespeel.

Sy was ook vir vier jaar ’n lid van verskillende Puma-spanne, waar sy  of hulpdoel of hulpdoelverdediger gespeel het.

Sy is die afrigter van Ligbron se o. 14A-span en gaan die Puma’s se o. 15-A2-span afrig.

Pretorius was voorheen ook as spanbestuurder en afrigter ook by hulle betrokke.

Sy het daarbenewens ook onlangs haar vlak drie skeidsregtereksamen geslaag.

Tiaan Rosslee

Tiaan Rosslee. Foto: Verksaf/Ligbron

Roslee het ‘n aktiewe rugbyloopbaan agter sy blad.

Hy het in 2011 as slot vir Ligbron se eerste span uitgedraf.

In 2013 en 2014 was hy lid van die Puma-Plattelandspan. Hy het ook vir twee jaar Mpumalanga League Rugby gespeel en was vir sewe jaar die heelagter in Ermelo Rugbyklub se eerste span.

Sy jare as speler het hom geslyp om ‘n suksesvolle afrigter en skeidsregter te word.

Hy rig vir die afgelope 10 jaar reeds rugby af – eers by Laerskool JJ van der Merwe, en toe by Ligbron.

As laerskoolonderwyser was hy vir ‘n jaar afrigter van die Pumas o. 12-span en keer nou terug as afrigter vir die o. 15B-span.

Hy is ook ‘n ervare skeidsregter wat al beide laerskool en senior wedstryde vir die Pumas geblaas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button