School sport
Laerskool JJ van der Merwe bied opwindende minikrieket- en hokkiedag vir gr. 1-leerlinge
Die interskool geleentheid by JJ van der Merwe het spanwerk, sportmanskap en vaardigheidsontwikkeling by jong leerlinge aangewakker.
Laerskool JJ van der Merwe het die afgelope naweek ’n minikrieket- en hokkiedag aangebied, waaraan verskeie skole uit Ermelo en omliggende dorpe deelgeneem het.
Die dag het gr. 1-leerlinge die kans gebied om eerstehands in spanverband teen ander skole deel te neem en waardevolle blootstelling aan krieket en hokkie op te doen.

Deelnemende skole het mekaar in opwindende wedstryde uitgedaag en die geleentheid het nie net sportvaardighede bevorder nie, maar ook spanwerk en sportmanskap aangemoedig.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



