School sport
JJ-atlete wen 109 medaljes in Middelburg
Die atlete se medaljes het bestaan uit: 45 goue medaljes, 34 silwer medaljes en 30 brons medaljes.
Laerskool JJ van der Merwe se atlete het op 6 Februarie gewys dat hulle reg is vir die seisoen tydens ‘n vriendskaplike byeenkoms by Laerskool CR Swart in Middelburg.
Die skool se atlete het met ‘n totaal van 109 medaljes huistoe gestap.
Die medaljes het bestaan uit: 45 goue medaljes, 34 silwer medaljes en 30 brons medaljes.
Twee atlete het spesiale erkenning gekry vir hul spoed en talent op die baan.
Mianke Theron is aangewys as die beste baanatleet vir dogters, terwyl Juard Bisschoff die titel as die beste baanatleet vir seuns ingepalm het.
Daar is 20 rekords tydens die byeenkoms verbeter.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



