School sport
Ligbron se seunshokkiespanne begin seisoen met oortuigende oorwinnings
Tuiswedstryd gee Ligbron Akademie vir Tegnologie se o.16 en eerste hokkiespanne ‘n sterk begin in die Gert Sibandeliga.
Ligbron se seunshokkiespanne het onlangs hul eerste wedstryde in die Gert Sibande Hokkieliga teen Highveld Park High School van Secunda gespeel.
Uitslae:
- Die eerste span behaal 9-0 oorwinning.


- Die o.16-span wen 7-0.

Die Liggies se tuisveld het vir seker ‘n bydrae tot hul sukses gelewer.
Albei spanne het passievol en met uitstekende samewerking gespeel, maar dit was hul uitstekende samespel wat vir twee goeie oorwinnings gesorg het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



